1. Ervaar oorvloed in jou lewe
‘n Groot struikelblok in ons lewens is dat ons voel dat ons een of ander tekort in ons lewens het. Ons plaas soveel geloof in hierdie tekort, as ons kan leer om soveel geloof in God se wil te plaas sal ons oorvloed in ons lewens kan ervaar. Hierdie meditasie is om jou te help om te oefen om oorvloed in jou lewe in te nooi.
2. Vergifnis
‘n Oorvloed waarvan baie mense ‘n tekort in hulle lewens het, is vergifnis. Ons klou partykeer van aan wrokke, hartseer en teleurstelling en dit keer ons om voluit te lewe. Sodar ons uit ons ondervindinge kan leer en dit as ‘n positiewe ervaring kan gebruik, sal ons kan groei. Jy kan kies om die mense rondom jou te vergewe vir wat hulle aan jou gedoen het en oorvloed in jou lewe te ervaar. In die meditasie fokus ons op die oorvloed van vergifnis.
Reviews
There are no reviews yet.