Hierdie boek vertel die verhaal van ’n vrou wat as kind baie geestelike ervarings gehad het, maar, soos ons almal, het sy geleidelik in die woud van die lewe verstrengel geraak. In totale desperaatheid het sy ’n noodkreet uitgestuur in die heelal om die rede vir haar bestaan te probeer verstaan. In hierdie boek beleef jy saam met haar die pyn van absolute verlatenheid, maar ook die gelatenheid wat sy leer ken wanneer die engele in haar lewe opdaag met boodskappe van hoop en wysheid.
Belinda deel met jou in hierdie bladsye alles wat die engele haar geleer het. Hulle wyshede het haar gehelp om haar lewe om te keer van hopeloos en magteloos na bemagtig en vry. So stap sy ’n pad waar sy die misterie en liefde van God al hoe dieper beleef.
Try Sample
Reviews
There are no reviews yet.